速報APP / 教育 / AGS Brakpan-Wes

AGS Brakpan-Wes

價格:免費

更新日期:2018-09-29

檔案大小:15M

目前版本:0.6.1

版本需求:Android 4.4 以上版本

官方網站:http://www.weazy.co.za

Email:info@weazy.co.za

聯絡地址:隱私權政策

AGS Brakpan-Wes(圖1)-速報App

AGS Brakpan Wes Gemeente is ’n jong dinamiese gemeente met ’n liefde vir mense. Ons wil graag die hele spektrum van gelowiges bedien met die liefde van Jesus.

AGS Brakpan-Wes(圖2)-速報App

Ons leuse is Meer doen vir GOD, Gemeente, Gemeenskap.

AGS Brakpan-Wes(圖3)-速報App

Dit bepaal wat ons doen. Ons lei mense na ’n intieme verhouding met GOD. Dit is ons droom dat elke persoon wat deel is van ons Gemeente in ’n lewende verhouding met GOD sal staan. Vanuit so ’n verhouding kan ons uitreik na die wêreld daar buite.

AGS Brakpan-Wes(圖4)-速報App

Ons is ’n liefdevolle Gemeente wat omgee vir mekaar. Dit doen ons deur verhoudinge te versterk tussen gelowiges.

AGS Brakpan-Wes(圖5)-速報App

As die gemeente sterk is, sal die gelowiges sterk wees.

Laastens het ons ’n intense belangstelling in ons gemeenskap. Ons glo dat ons die geestelike lig is vir Brakpan en SY mense. Saam met die ander kerke en gemeentes neem ons hande om ons gemeenskap positief te beinvloed. Daarom is ons betrokke in verskeie gemeenskaps projekte soos Huis Talita, ’n kinderhuis, Die Eike, ’n skool met ‘n Christelike karakter en vele sending aksies in Tsakane en vêrder oor die wêreld.